
=====================================================================
Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


ONS LESERS SKRYF: Gebruik Engels om Afrikaans te prys

Milda Stanton, prokureur en notaris in Gezina, Pretoria.

Tuis van 'n besoek aan Europa en die Verenigde Koninkryk, vind ek dit weer eens moeilik om my genes te oortuig dat hulle eintlik "boer" is.

Gelukkig het Afrikaans Vandag in my posbus gewag om my te troos en te herinner daaraan dat my eerste liefde Afrikaans is, hoewel ek gek is 
na Duits, Frans, Nederlands, Spaans, Latyn en Engels (in daardie volgorde) en sommer met tale in die algemeen 'n liefdesverhouding het. Dit 
is juis hierdie multibigamiese flankeerdery met tale wat my in staat stel om Afrikaans te vergelyk met sy tale van oorsprong, en beter te 
waardeer vir wat hy is: 'n wonderwerk!

Ek het die geleentheid gehad om ook 'n bietjie met Deens kennis te maak en het besef dat ons konneksie met Skandinawiese tale heeltemal 
onontgin is. Baie woorde is identies in Deens en Sweeds n in Afrikaans, bv. frikadelle, blomkool, kontant, stomp, rond.

Ek het gevind dat daar verstommend baie mense in die buiteland is wat nie weet van die bestaan van die taal Afrikaans nie. In Itali loop 
ek 'n honneursstudent in tale raak (Italiaanssprekend, hoofvakke Duits en Spaans) wat stomgeslaan is oor ons taal, waarvan die stamme van 
die meeste woorde met di van Duits ooreenstem, en sommige selfs identies is (kind, hand  twee eenvoudige voorbeelde). Sy was bewus 
daarvan dat ons in Suid-Afrika Engels praat, ja, kan dit nie self eintlik praat nie, nee, en dan dat daar etlike Afrikatale gebesig word. 
S geletterd, maar van Afrikaans nog nooit gehoor nie!

Op 'n vliegtuig na Hamburg sit ek langs 'n Kaliforniese meisie wat ywerig begin Duits leer het, en sommige van my woorde herken het. "Is 
dit wat jy praat swart taal?"vra sy. Hoe lekker is dit dan om uit te wei oor die goeie hoedanighede van Afrikaans, dat dit die jongste 
(erkende) taal op aarde is, en daarom die modernste ("koelste", as jy wil). Dat dit 'n vereenvoudigde vorm van al die Germaanse tale saam 
is, dat dit buigbaar, vriendelik, akkommoderend en steeds ontwikkelend is, en daarby welluidend en musikaal met 'n ingeboude sin vir spel 
en humor. Dat dit selfs "English-compatible" is. Vertaal 'n bietjie "my pen is in my hand" in Engels.

Terwyl ek verduidelik (in Engels, natuurlik) dink ek onwillekeurig aan die ambivalente voorreg wat ek as Afrikaanssprekende het. Behalwe 
dat ek die mooiste taal op aarde magtig is (en net 'n handjie vol mense is dit) het ek geleer Engels praat. Ons outjies het maar altyd die 
rooitaal moeilik gevind, en dan was daar nog vooroordeel ook. Maar ten minste was dit van kleins af by ons agterwrelde ingefoeter.

Vra my tienerseun die anderdag vir my: "M, hoe lyk ak?" Ek s: "Hot!" "Wat beteken dit, M?" "Man," s ek, "dit beteken 'cool'. As ek sou 
s jy lyk nie te 'hot' nie, beteken dit lyk nie te goed nie. En jy wil mos goed lyk. Of liewer 'cool' lyk". "Dankie M".

Ons kan een van twee dinge omtrent Engelse woorde doen: Ons bloediglik verset; ons mooi ontwikkelende tiener (Afrikaans) met al sy nukke en 
groeipyne die geleentheid gee om sy adolessensie deur te leef, en in 'n volwasse wreld sy man te staan naas sy Europese eweknie.

Ek stem egter met Peter Louw saam: daar moet darem 'n geskrewe stel spel- en grammatikarels wees om 'n standaard te stel. ("Hot" kan "hot" 
bly, "cool" kan "koel" word, "deal" kan "deel" word en "dye" word "daai".) Ek kou nog 'n bietjie aan "nice" en "great" en "like". Hulle wil 
nie vir my Afrikaanse mond so lekker proe nie. Daarenteen wil restaurantterme (en motoronderdele natuurlik) maar nie verafrikaans nie. Is 
dit verbasend dat "tjops" en "chips" lekkerder smaak as "lamskotelette en gebraaide aartappelskyfies"?

Kreatiewe Afrikaanse vertalings is 'n moontlike uitweg, maar as die Engelse woord beter is, gebruik hom.

Ten slotte: Ons moet Engels goed kan praat sodat ons ons Afrikaanse "tienerseun" se kwaliteite aan ons buitelandse vriende kan bekendstel. 
En in Afrikaans kan ons die wonderlike taal Engels verheerlik. [Verkort  Red.]

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7434.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

